Onsterflikheid

leef goed, sterf goed
CHRIS BARNARD
Die lewe
'n proses van seldeling.
Die lewensduur
is in die selstruktuur
geneties vasgeprogrammeer.
Die terminus ad quem
word in die nukleus van die embrio
by die konsepsie ingekalibreer.
Jy dra van jou geboorteuur
jou vonnis in jou binnesak.

Een
uitsondering op die reël
is onlangs deur die wetenskap
bo alle twyfel vasgestel:
die kankersel
kan ad infinitum
voortreplikeer.

Die karsinoom alleen besit onsterflikheid.

1 comment:

Gerrit Buys said...

PW Buys het die laaste elf jaar van sy lewe aan prostaatkanker gely. Hy het gelukkig redelike goeie lewensgehalte gedurende die eerste tien jaar van hierdie tydperk gehad.

Ons besoekers...

ip-location

Totale Besoeke